Folkspraak

Folkspraak
Geskep deur: Jeffrey Henning 
Omstandigheid en gebruik: Hulptaal vir kommunikasie tussen spreker van Germaanse tale
Totale sprekers:
Kategorie (doel): kunstaal
 internasionale hulptaal
  sonale hulptaal
   pan-Germaanse taal
    Folkspraak 
Skrifstelsel: Latynse alfabet
Taalkodes
ISO 639-1: geen
ISO 639-2:
ISO 639-3: — 
Die vlag van Folkspraak.

Folkspraak (ook Folksprák, Folksprahk, Folksprak, en variasies met 'n streep as Folk-Spraak) is 'n kunsmatige taal gebaseer op die Germaanse tale, wat sedert 1995 ontwikkel word. Die taal is veronderstel om vinnig deur sprekers van Germaanse tale aangeleer te word (465 miljoen mense besig 'n Germaanse taal as moedertaal, met 300 tot 900 miljoen mense wat Engels as tweede taal gebruik): 'n Germaanse spreker moet binne 'n week Folkspraak kan verstaan en dit binne 'n maand kan skryf.

Folkspraak is veronderstel om 'n gemeenskaplike projek te wees, waar elkeen sy sê kan sê.

Daar is verskillende dialekte, want heelparty glo hul weergawe is beter of makliker om aan te leer. Ook grondliggende kwessies soos spelling, grammatika en woordeskat word bespreek. Daar word stadig maar seker 'n konsensus gesoek, waarby die dialekte versmelt word om een amptelike weergawe te kry. Daar is ook verskille oor watter tale nou eintlik die brontale moet wees, sodat slegs enkeles gryp na Fries, Platduits (Nedersaksies) en Nieunoors (Nynorsk), terwyl die algemene brontale oorheersend Engels, Nederlands, Duits, Deens, Noors (Bokmål) en Sweeds is. Omrede weinig by die bespreking begrip, voeling of ten volle die taalreëls ken van Yslands, Faroëes, Skots, Afrikaans, Jiddisj en ander dialekte wat natuurlik voorkom, word hierdie tale soort van gemarginaliseer.

Folkspraak is verwant aan Teutonies en Euronord, wat ander voorbeelde van Pan-Germaanse tale is.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search